wat spontaan borrel
'n warm hand
'n glimlag
'n stil gebed
So mens was my broer. Hy was net 'n gewone mens en tog het hy soveel ander se lewens aangeraak. Dit het weereens na vore gekom met sy begrafnis toe 'n tannie vir my in die kleedkamer vra wat dan nou van haar gaan word? Ek het geweet dat my broer betrokke was by hul wel-en-weë, maar hoeveel sou ek nie kon raai nie. Hy was net 'n salaristrekker, maar dit het hom nie verhoed om ander te help nie.
Wanneer 'n mens 'n geliefde verloor, wil mens dikwels iets doen om daardie persoon se lewe te herdenk. Dit is een van die redes waarom ek begin het om n Trauma Ondersteuningskamp vir families van moordslagoffers te reël. Genesing is moontlik, maar nie maklik nie. Dikwels help dit wanneer mense in dieselfde omstandighede hul seer met mekaar kan deel. Dis amper soos om jou in 'n trooskombersie toe te vou.
Die eerste kamp het in Augustus 2013 plaasgevind. Net die reël daarvan was deel van 'n geestelike groeiproses. Wonderlike mense is ook langs die pad ontmoet. Met seën van Bo was die kamp 'n sukses en word die volgende een beplan vir (DV) 21-23 Maart 2014. Navrae is ook ontvang van persone wat geliefdes deur selfdood/ongelukke verloor het en diesulkes se hande sal ook versterk word op die pad na genesing.
Indien daar enige iemand daarbuite is wat graag die kamp sou wou bywoon of weet van moontlike belangstellendes, kan jul my gerus kontak by vinddieson@gmail.com.