Huil is salf vir die siel. Dit maak skoon en laat jou "ligter" voel. Ongelukkig is daar nog mense wat huil as 'n skande of swakheid beskou. Dis so jammer, want trane is deel van die skoonmaak proses. Dit bring die "vuilheid" uit en help met genesing. Jesus het self by Lasarus se graf geween.
Om die seer te onderdruk, is nie 'n wyse keuse nie. Dit mag dalk die indruk skep dat jy sterk is, maar onderliggend vorm 'n "sweer." Wanneer daardie sweer oopbars, is die seerkry ( in die ergste graad) steeds daar. Die pad na genesing raak net al hoe moeiliker. Emosioneel word jy getap.
Trauma en hartseer moet verwerk word. Min mense, indien enige, kan dit op hul eie verwerk. Dikwels hoor 'n mens dat tyd genesing bring. Is dit werklik so? Demp tyd nie net die seer nie? Of raak 'n mens oor die jare maar net gewoond aan die pyn?
Niemand kan gedwing word om te praat en/of vir berading te gaan nie. Persone kan wel aangemoedig word. Praat is nie maklik nie, maar noodsaaklik. Dit is net so noodsaaklik soos om 'n wond skoon te maak. Om 'n geliefde aan die dood af te staan, veroorsaak 'n hart-wond; dit kan net nie met die blote oog gesien word nie.
Moenie jou wond troetel nie. Kry liewer hulp om dit te genees.
Donderdag 22 Oktober 2015
Donderdag 08 Oktober 2015
Die waarde van 'n pampoen
Die dood van 'n geliefde is nie iets waarna enige iemand "uitsien" nie. Tog is dit 'n realiteit; iets wat niemand kan ontglip nie. Wanneer 'n geliefde op 'n onnatuurlike wyse sterf (moord, selfdood, ongeluk), is die skok en trauma soos 'n hou in die maag. Jy is wind-uit. Jy snak na asem.
Iets waarmee baie persone wat dit ervaar het, sal saamstem, is dat almal verskillend treur. Daar kan nie 'n manier of tydperk aan gekoppel word nie. In die rouproses moet 'n mens dit ook altyd probeer onthou. Eie smart maak dikwels dat daar nie ruimte gelaat word vir 'n ander se manier om deur die proses te werk nie. Dit kan dikwels lei tot misverstande en onnodige ongelukkigheid.
Woorde ontbreek ook dikwels by kennise, vriende en selfs familie wanneer hulle wil simpatiseer. Wat goed bedoel is, kom soms krom-en-skeef uit en die treurende kan dit maklik misverstaan.So ontstaan daar onnodige ongelukkigheid. Sommige persone bly weer heeltemal weg, omdat hulle nie weet hoe om die situasie te hanteer nie.
Ek het iewers die storie gehoor van 'n professor wat 'n geliefde verloor het. Deur die loop van die dag het 'n kollega hom besoek. Met die oopmaak van die deur staan die kollega toe daar met 'n pampoen in die hand. Voor die professor iets kon uitkry, is die pampoen in sy hand gedruk met die woorde: "Hier is vir jou 'n pampoen." Die kollega het dadelik weer gegroet en vertrek. Die professor het later getuig dat hy baie van die besoekers se trooswoorde nie kon onthou nie, maar die opregtheid waarmee die pampoen gebring is, sal hy nooit vergeet nie.
Baie keer lĂȘ die waarde van omgee nie in woorde nie, maar in dade.

Teken in op:
Plasings (Atom)