Dit is vandag vier jaar vandat my ouboet deur mense van ons weggeneem is. Vier jaar se gemis, maar ook vier jaar van genade. Tree-vir-tree word mens vasgehou. Hy laat jou nooit in die steek nie, al besef jy dit dikwels eers later.
Iets wat ek altyd geweet het, maar in die jaar baie ondervind het, is dat elke hart sy pyn het. Sommige hartswonde is dieper as ander en neem dalk langer om te genees, maar niemand is verhewe bo pyn nie.Ongelukkig is dit nog vir baie 'n tammeletjie om daaroor te praat. Om oop te maak. Om skoon te maak. 'n Wond wat toegehou word, sweer later. Genadiglik is ek 'n persoon wat maklik praat. Wanneer daar nie 'n gewillige oor naby is nie, is Hy nog altyd daar.
My ouboet se geboortedatum en sterfdatum is net meer as 'n maand uitmekaar. In die dae tussen-in is daar amper 'n "afwagting." Daarna is dit asof die gemoed weer meer rus kry.
Waarvan het ek in die vier jaar meer bewus geraak?
* dat 'n mens baie krag van Bo in hartseertye ontvang;
* dat elke persoon wat treur 'n doelbewuste besluit moet neem om aan te beweeg. Dit beteken NIE dat jy jou geliefde vergeet of verraai nie;
* dat krag dikwels in herinneringe lê - veral kort na 'n geliefde se afsterwe;
* dat jy steeds voluit kan lewe na 'n geliefde se dood. Dit gaan dalk anders geskied as wat jy aanvanklik beplan het, maar die lewe kan steeds lekker wees;
* dat dit elke dag 'n voorreg is om 'n nuwe dag binne te gaan. Skielik kan ek meer assosieer met die liedjie: "If tomorrow never comes";
* dat daar nog baie is om voor dankbaar te wees.
Ek sal my broer altyd mis. My elke- dag-se-onthou is vol gedagtes aan hom. Hy was net te groot deel van my lewe... Tog is ek 100% oortuig dat hy nie sou wou hê dat my lewe op hold geplaas moet word nie. Ek bly dankbaar vir die voorreg om hom my ouboet te kan noem.
Vind Die Son
Maandag 05 September 2016
Maandag 08 Augustus 2016
Sonder 'n groet
Dikwels dra jy kennis van ander se pyn, maar kan dit nie voel nie, want dit is nie jou pyn nie. Al stem omstandighede dikwels ooreen, bly elkeen se pyn sy eie en niemand kan dit vir ons dra nie. So het oom Dirk ook vir jare met sy pyn die lewenspad gestap...
Dirk en Ellie Human se eersgeborene het op 23 Januarie 1996 sy eie lewe geneem. Dit was slegs 'n paar maande nadat hul jongste seun in 'n ernstige motorongeluk betrokke was. Terwyl die tragedie afgespeel het, was hulle juis in Kaapstad om die jongste seun te ondersteun. Laasgenoemde moes na die ongeluk 'n operasie ondergaan.
"Een van my eerste gedagtes was dat die Here te ver gegaan het," vertel Dirk. "Ons het dan voor Japie se geboorte so gebid vir 'n welgeskape seun en nou is hy onder sulke omstandighede weggeneem. Ons was verslae, verbitterd en alleen."
"Die dag toe ons hom in die kerkhof gaan weglê het, wou ek en my vrou nie omdraai. Ons was stukkend. Ons wou Japie nie alleen laat nie," vertel hy. "Ek kan nie daardie gevoel beskryf nie: magteloos, eensaam, verlate? Dit het regtig gevoel of die Here 'n groot fout gemaak het." Dirk erken dat hy met die Here baklei het en dit met tye nog steeds doen. "Party dae voel dit steeds asof dit nie die werklikheid is nie," sê hy. Tog word ons telkens herinner dat die Here ons nie verlaat nie. Hy hou ons elke dag styf vas."
Japie sal altyd in hulle harte voortleef. Wanneer die Humans se voordeur oopgestoot word, begroet 'n laggende Japie jou. 'n Vergroting van sy foto hang in die gang.
Dirk se trooskombers is egter sy daaglikse besoeke aan die kerkhof. As koster maak hy elke oggend om sesuur seker dat die kerkklok op die minuut slaan. Daarna besoek hy die kerkhof en Japie se graf. Wintertye ontmoedig selfs die donker en die ysige koue van die Karoo hom nie. "Hier gesels ek met my kind en ook met die Here," sê hy. "Een oggend was dit sof my Verlosser langs my gestaan het. Dit was asof hy vir my wou sê dat wat Hy doen ek dalk nie nou verstaan nie, maar wel eendag sal begryp."
Dirk is ook self verantwoordelik vir die netheid rondom die graf. Hy verkies dit so. Dit is die laaste wat hy vir sy kind kan doen.
NASKRIF: Die kerkklok waarop oom Dirk so gesteld was, het nou ook 'n laaste keer vir hom gelui. Enkele weke na ons gesprek is oom Dirk op 9 Februarie 2016 oorlede. Vir ewig is hy nou met Japie verenig.
Ek glo tannie Ellie en sy ander twee kinders gun hom dit...tot hul almal eendag weer ontmoet.

Saterdag 30 Julie 2016
Onkundig of ongevoelig
Ek is lief vir mense...tog staan ek dikwels verstom oor hoe mense redeneer en optree. Soms verras hulle jou; ander kere verbaas hulle jou en dikwels laat hul jou sonder woorde.
My skoonma is op 15 Julie 2016 oorlede. Die begrafnis vind in die Noorde plaas: 1200 kilometer vanaf die karoodorpie waar ons woon. Inderhaas word reëlings getref/ As gastehuiseienaars is daar so bietjie ekstra waaraan gedink moet word. Gaste wat aandete bespreek het vir die aand waarop ons sal terugkeer, word in kennis gestel. Die kanse is goed dat hulle voor ons sal arriveer. Die omstandighede word verduidelik en hulle word versoek om by die restaurant in die dorp aandete te gaan nuttig. Hulle verkies egter om te braai. Alhoewel ons nie 'n selfsorgbesigheid is nie, kom ons hulle tegemoet en word gereël dat die braaier en eetgerei aan hulle voorsien sal word in ons afwesigheid.
Met ons aankoms tuis is genoemde gaste reeds daar en die vlamme dans reeds rond. Hulle word gegroet en in die sterk skemer word ons bagasie afgelaai. Soos 'n frats wind word ek uit die bloute , deur een van die gaste, aangeval omdat ek haar nie sou gegroet het nie. My verbaasde antwoord dat ek hulle met ons aankoms by die vuur gegroet het, maak geen indruk nie. Sy beweer dat sy nie op daardie stadium by die vuur was nie. Na dertien ure op die pad het 'n mens nie lus, of krag, om daaroor te argumenteer nie.
Daar is vir vyf persone bespreek .Net vier het opgedaag. Alhoewel ek geensins nodig gehad het nie, gee ek hulle die enkelpersoon se bedrag af op hulle ontbyt die volgende oggend. Volgens die gastehuisreëls moes hulle die bedrag verbeur. Aangesien die uitstaande bedrag wat hul moes inbetaal so gering is, gee ek die ook af. Hulle eet dus gratis ontbyt. Ekself verloor finansieël, aangesien die webtuiste ook kommissie op die bedrag geneem het.
'n Paar dae later ontvang ek kommentaar vanaf die webtuiste dat ek onvriendelik was. Moeg dalk, ja. Onvriendelik, nee. Eers was ek sonder woorde. Toe teleurgesteld.Ek kon nie help om te wonder of sulke mense se selfgesentreedheid so sterk is dat daar nie vir 'n oomblik gedink is dat ons dalk moeg, of selfs hartseer, kon wees nie.Gastehuiseienaars bly steeds mense met gevoelens. Ten spyte daarvan dat hul die omstandighede geken het, is nooit 'n woordjie van simpatie geuiter nie. Ten spyte van ons tegemoetkoming met die braai en die gratis ontbyte, is daar volgens hulle genoeg rede om negatiewe kommentaar te lewer.
Is hulle "onkundig" oor wat die verlies van 'n geliefde beteken of bloot ongevoelig? Ek weet nie. Ek weet net dat ek hulle eindlik jammer kry. Negatiwiteit kan mens opvreet.
"Deur moeilike tye groei ons, leer ons en oorwin ons." - R.C. Allen
Woensdag 22 Junie 2016
'n Dubbelle seer
Om n geliefde op 'n onnatuurlike wyse te verloor, bring baie trauma saam met die hartseer.
Die Griekse word vir trauma beteken wond. Dit is beskrywend vir die pyn waardeur diegene wat agterbly, moet stap. Met tye is dit 'n stryd vir net oorlewing. Tog vind hulle maniere om weer op te staan; om die seer vir hulself sagter te maak. met hartseer weef hul vir hulle 'n trooskombers.
Maggie Hugo het haar middelkind en eggenoot op 'n onnatuurlike wyse verloor.

Vroegoggend op 13 November 2005 is 'n oproep van haar oudste suster ontvang. Maggie is meegedeel dat haar susterskind in 'n motorongeluk oorlede is. "Nooit het ek daardie oggend gedink dat ek sewe maande en elf dae later dieselfde boodskap sou ontvang nie," sê sy. Op 24 Junie 2006 het dieselfde hartseer in haar hart kom nesmaak. Louis, haar en haar man, Koos, se middelkind, is in 'n motorongeluk oorlede. Die ongeluk het by Louis se Alma Mater, Grootfontein Landboukollege, gebeur."Ek het dadelik my jongste seun geskakel. Hy het op die ongeluk afgekom. Sy eerste woorde aan my was dat Louis dood is. Hy het ook genome dat Louis potblou in sy gesig is," vertel Maggie. "Daardie prentjie het in my kop afgespeel."
"Ek het die Here gevra om my deur die tyd te dra," onthou sy. "Vir lank kon ek nie kerk toe gaan nie. Ek kon nie na foto's van Louis kyk nie. Met die aanhoor van sy naam het ek soms kriewelrig geraak," sê sy. "Ek het egter nie die Here wat Louis geneem het, saam et hom begrawe nie."
Maggie en Koos het besluit om 'n wisseltrofee, ter nagedagtenis aan Louis, aan Grootfonteinkollege te skenk. Louis was 'n presteerder tydens sy studiejare. Albei hul ander twee seuns het ook hul studies aan Grootfontein voltooi en die Hugo's het dus 'n noue band met die kollege gehad. "Grootfontein was Louis se geliefkoosde plek," vertel sy.
Dit was egter nog nie die einde van haar hartseer nie. Op 15 April 2008 het haar man sy eie lewe geneem."Ek het vir almal gesê dat ek Koos se dood beter kon hanteer. hy wou nie meer lewe nie. My seun se dood was vir my baie erg."
Op soek na berusting, het sy na koos se afsterwe 'n hangertjie van sy trouring laat maak. 'n Kruisie wat sy na haar seun se dood gekoop het, is in die ring gemonteer. Sy het ook intussen hul name op haar lyf laar tatoeër. "So het ek hulle heeldag by my," sê sy.
Maggie hou 'n foto van haar seun, Louis, vas. Sy naam is op haar pols aangebring.
Woensdag 08 Junie 2016
Meer as statistiek
Niemand van ons wil hê dat ons afgestorwe geliefdes slegs as 'n statistiek onthou word nie. Ons weet wat hulle vir ons, en dikwels ook vir ander, beteken het. Daarom gebeur dit dikwels dat die treurendes iets doen of oprig, ter herinnering aan die afgestorwene se lewe. Dit is normaal.
Baie put krag uit hierdie daad van herinnering; wat natuurlik uit liefde spruit. Tog is daar dikwels waarskuwings dat diegene wat agter gelaat is nie in die verlede water moet trap nie; dus nie in die verlede moet vassteek nie. 'n Berader is hieroor genader.
Dr. Yvonne Retief is 'n gerespekteerde berader op nasionale en internasionale gebied. Sy wys daarop dat sekere gedrag vir 'n sekere tydprek normaal en aanvaarbaar is, bv die dra van swart klere en 'n rouband in die verlede. "Enige ritueel wat dit vir 'n mens, as individu, makliker maak, is goed," sê sy. Tog wys sy daarop dat dit ongesond kan wees om bv elke week blomme in 'n persoon se kamer te sit terwyl die kamer onveranderd bly. "Om iets soos 'n beurs of skild ter nagedagtenis van iemand te skenk, hou die nagedagtenis in ere sonder dat die persoon wat rou oor 'n lang tydperk steeds 'n klomp energie in die instandhouding van die nagedagtenis belê," meen sy. Syself hou van die idee om 'n boom te plant ter nagedagtenis van 'n oorledene. Sy stel dit duidelik dat mense verskillend rou en dat rituele van onskatbare waarde kan wees, maar dat 'n mens versigtig moet wees om nie daar vas te hak nie."

Saterdag 07 Mei 2016
'n Ma leef liefde...
More is Moedersdag.
My ma is reeds 29 jaar nie meer deel van ons aardse lewe nie, maar in my hart en gedagtes leef sy voort. Daar gaan nie 'n dag verby sonder dat ek op een-of-ander manier aan my ma herinner word nie. Dalk 'n sê-ding; dalk ietsie wat my oog vang; dalk 'n gereg wat ek maak...
Op skool wou baie van my maats met my broodjies ruil .'n Tuisgemaakte vetkoek of jafel is baie smaakliker as snoepie lekkernye. My ma s'n was ekstra lekker, want dit is met liefde gemaak. Al was daar die dag net 'n appelkooskonfytbroodjie in my blik, kon ek steeds die liefde proe.

Alhoewel my ma baie gesondheidsprobleme gehad het, was sy nooit te siek om haarself vir haar kinders te gee nie.Ons kleinhoewe was vakansietye en naweke die niggies en nefies se kuierplek. My ma se hart was groot. Sy was lief vir mense.
My ouers se gebede het ons gedra. As hulle nie self op 'n plek kon wees nie, was hulle gebede altyd vooruit. Daar is niks so opreg soos 'n ouer se gebed nie- die liewe Heer weet dit kom diep uit die hart.
Iets wat ek baie van my (oorlede) ouers waardeer is dat hulle ons toegelaat het om ons eie mens te wees: ons eie drome te droom, eie lewe te lei en eie foute te maak. Hul was altyd daar vir raad en leiding, maar sou ons nooit in 'n rigting prober druk nie. Natuurlik was hul ook vreeslik trots op ons - nie een van ons kinders het in 'n ander se skadu geleef nie. Ons is as unieke wesens groot gemaak.
Partydae wens ek steeds ek kon my ma bietjie bederf. Sy het so baie vir ons kinders opgeoffer. Ek het haar nooit hoor kla nie. Vandag besef ek hoe moeilik dit dikwels vir haar moes wees. Ek het skaars begin om my eie geld te verdien toe sy oorlede is. Ek is dus nie die kans gegun om haar met materiële dingetjies te bederf nie,maar sy het geweet hoe ek haar as ouer waardeer het. Dit het ek altyd vir haar prober wys. Met my twintigste verjaarsdag het ek aan my ouers 'n dankie-kaartjie gestuur. "Dankie vir twintig jaar se liefde en sorg," het ek binne-in geskryf. Met my pa se afsterwe, jare na die van my ma, is die kaartjie in sy een laai gekry.
Ek besef net elke dag hoe bevoorreg ek was om in 'n stabiele, liefdevolle huis groot te word. As ek deur die koerante blaai en al die liefdeloosheid, en selfs wreedheid ,sien wat in huishoudings plaasvind, laat dit my hart inkrimp. Dan sê ek weer duisend keer dankie vir die ouers wat die Liewe Vader aan my gegee het.
"n Ma hou haar kind se hand vir 'n kort rukkie vas, maar sy hart vir altyd."
Anoniem
Maandag 11 April 2016
n Gemis
Ons staffie van dertien jaar moes verlede week uitgesit word. Enige troeteldierliefhebber sal weet dat dit nooit 'n maklike besluit is nie. Vir weke is met die idee gestoei, maar later was dit onafwendbaar. Sy het 'n beroerte gehad en was onder andere blind.
Ruby was n besonderse hond. Skaars agt weke oud, het sy die soldertrap bestyg as sy ons stemme hoor. Dan kon sy by die venster inkyk waar ons met 'n telefoonoproep besig was. Slange, skerpioene en muishonde het geen vrees by haar ingeboesem nie en sy het gesorg dat die erf skoon bly van enige ongediertes. Sy kon sag beweeg. Een aand het sy by die hek uitgesluip toe my man dit vir 'n gas oopmaak. Dit was donker en ons het dit nie agter gekom nie. Drie uur die volgende oggend het sy aan die voordeur kom krap om ingelaat te word - moeg gekuier in die buurt.
Behalwe dat ons hartseer was om haar te verloor, het ek ook onthou hoe ek my bekommernis aan my broer oorgedra het rondom haar siekte vier jaar gelede. Die Karoo het daardie tyd wit van die sneeu gelê. Paaie was vir twee daer gesluit. In die tyd het Ruby bosluiskoors en longontsteking opgedoen. Toe ek die dinge vir my broer vertel het, sou ek nie kon dink dat laasgenoemde van ons weggeruk sou word nie. Minder as twee maande later is my ouboet vermoor. Ruby het herstel.
Wanneer 'n mens iets of iemand verloor, is die gemis daar. In sommige gevalle meer kortstondig; in ander gevalle 'n leeftyd lank.

Teken in op:
Plasings (Atom)